Studiehulp
Jakob, Seun van Lehi


Jakob, Seun van Lehi

’n Profeet in die Boek van Mormon en skrywer van verskeie leerredes in die boek van 2 Nefi en Jakob (2 Ne. 6–11; Jakob 1–7).

Die boek van Jakob

Die derde boek in die Boek van Mormon. Hoofstuk 1 vertel dat Nefi die kronieke oorgedra het aan Jakob en het toe vir Jakob en sy broer, Josef, geordineer om priesters en leraars vir die volk te wees. Hoofstukke 2–4 bevat leerredes wat die volk vermaan om sedelik rein te wees. Jakob het ook geleer van die koms van ’n verlossende Messias, en hy het redes gegee waarom sommige in Israel Hom nie sou aanvaar by sy koms nie. Hoofstukke 5–6 bevat Jakob se getuienis en ’n profetiese allegorie oor die geskiedenis en sending van die volk van Israel. Hoofstuk 7 bevat ’n verslag van ’n geleerde rebel genaamd Sjerem, wat beskaam was deur die goddelike getuienis van Jakob.