Studiehulp
Jordaanrivier


Jordaanrivier

Die Jordaanrivier vloei vanaf die see van Galiléa tot by die Dooie See. Die rivier is 160 kilometer lank en word gevorm deur die samevloeiing van verskeie fonteine wat vanaf Berg Hermon vloei. Dit is die belangrikste rivier in Israel.

Twee belangrike gebeurtenisse wat met hierdie rivier verbind word, is die Here se skeiding van die rivierwaters vir die oorgang van Israel (Jos. 3:14–17) en die doop van Jesus Christus (Matt. 3:13–17; 1 Ne. 10:9).