Studiehulp
Transfigurasie


Transfigurasie

Die toestand van mense wie se voorkoms en aard tydelik verander—dit is, om na ’n hoër geestelike vlak verhef te word—sodat hulle die teenwoordigheid en heerlikheid van hemelse wesens kan verduur.

Transfigurasie van Christus

Petrus, Jakobus en Johannes het die Here verheerlik en getransfigureer voor hulle gesien. Die Saligmaker het voorheen belowe dat Petrus die sleutels van die koninkryk van die hemel sou ontvang (Matt. 16:13–19; 17:1–9; Mark. 9:2–10; Lk. 9:28–36; 2 Petr. 1:16–18). Tydens hierdie belangrike gebeurtenis het die Saligmaker, Moses en Elías (Elía) die beloofde sleutels van die priesterskap aan Petrus, Jakobus en Johannes gegee. Met hierdie priesterskapsleutels het die Apostels die mag gehad om die werk van die koninkryk ná Jesus se Hemelvaart voort te sit.

Joseph Smith het geleer dat Petrus, Jakobus en Johannes ook ’n transfigurasie ondergaan het op die Berg van Transfigurasie. Hulle het ’n visioen van die aarde gesien soos dit sal wees in sy toekomstige verheerlikte toestand (L&V 63:20–21). Hulle het Moses en Elía, twee getransfigureerde wesens, gesien en die stem van die Vader gehoor. Die Vader het gesê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het, luister na Hom” (Matt. 17:5).

Getransfigureerde wesens