In die skrifture kan die woord verwys na (1) mense wat sonder die noodsaaklike stoflike goedere is, soos voedsel, klere en skuiling, of (2) mense wat nederig en sonder hoogmoed is.
Jy moet jou hand nie toehou vir jou arm broer nie, Deut. 15:7 .
In sy hoogmoedigheid vervolg die goddelose die ellendige, Ps. 10:2 .
Wie aan die armes gee, sal nie gebrek ly nie, Spr. 28:27 .
Bring die ellendiges in die huis in, Jes. 58:6–7 .
As jy volmaak wil wees, gee jou goed aan die armes, Matt. 19:21 (Mark. 10:21 ; Lk. 18:22 ).
Het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies nie, Jak. 2:5 .
Omdat hulle ryk is, verag hulle die armes, 2 Ne. 9:30 .
Om vergifnis van jou sondes te behou, deel van julle besittings met die armes, Mosia 4:26 .
Hulle het van hul besittings met die armes gedeel, Alma 1:27 .
As julle die behoeftiges wegstuur, is julle gebede tevergeefs, Alma 34:28 .
Die Nefiete het alles in gemeen gehad; daar was nie ryk of arm gewees nie, 4 Ne. 1:3 .
Meer geseënd is diegene wat hulle verootmoedig sonder om verplig te word vanweë armoede, Alma 32:4–6, 12–16 .
Geseënd is die armes van gees wat na My toe kom, 3 Ne. 12:3 (Matt. 5:3 ).