Studiehulp
Openbaring van Johannes


Openbaring van Johannes

Die laaste boek in die Nuwe Testament, wat bestaan uit ’n openbaring wat aan Johannes die Apostel gegee is. Hy is toegelaat om die geskiedenis van die wêreld te sien, veral die laaste dae (Openb. 1:1–2; 1 Ne. 14:18–27; L&V 77). Die openbaring van Johannes is ook bekend as die Apokalips.

Johannes het hierdie openbaring ontvang op die Here se dag op die eiland van Patmos (Openb. 1:9–10), naby die kus van Asië, nie ver van Éfese nie. Die presiese datum van die openbaring is nie bekend nie.

Sleutels om die boek te verstaan is ingesluit in 1 Nefi 14:18–27 en Leer en Verbonde 77 (Ether 4:15–16).

Hoofstukke 1–3 is ’n inleiding tot die boek en briewe aan die sewe kerke in Asië. Johannes het die briewe geskryf om die Heiliges te help om sekere probleme op te los. Hoofstukke 4–5 teken visioene aan wat Johannes ontvang het waardeur hy die majesteit en regverdige krag van God en Christus toon. In hoofstukke 6–9, 11 het Johannes aangeteken dat hy ’n boek gesien het wat verseël is met sewe seëls, waarvan elke seël een duisend jaar verteenwoordig van die aarde se tydelike geskiedenis. Hierdie hoofstukke handel hoofsaaklik oor gebeurtenisse wat in die sewende seël bevat word (sien Openb. 8–9; 11:1–15). Hoofstuk 10 beskryf ’n boek wat Johannes geëet het. Die boek verteenwoordig ’n toekomstige sending wat hy sou uitvoer. Hoofstuk 12 teken ’n visioen aan van die boosheid wat in die hemel begin het toe Satan gerebelleer het en uitgewerp is. Die oorlog wat daar begin het, word steeds op aarde gevoer. In hoofstukke 13, 17–19 het Johannes die goddelose aardse koninkryke beskryf wat deur Satan beheer word en het hulle lot opgeteken, insluitende die finale vernietiging van die bose. Hoofstukke 14–16 beskryf die regverdigheid van die Heiliges te midde van die bose net voor die Tweede Koms van Christus. Hoofstukke 20–22 beskryf die Millennium, die pragtige stad van die Nuwe Jerusalem en die finale gebeure van die aarde se geskiedenis.