Studiehulp
Rentmeester, Rentmeesterskap


Rentmeester, Rentmeesterskap

’n Persoon wat omsien na die aangeleenthede of besittings van ’n ander. Dit waarna ’n rentmeester omsien, word rentmeesterskap genoem. Alle dinge op aarde behoort aan die Here; ons is sy rentmeesters. Ons is verantwoordelik teenoor die Here, maar ons mag verslag gee oor ons rentmeesterskap aan God se gevolmagtigde verteenwoordigers. Wanneer ons ’n roeping tot diens ontvang van die Here of van sy gevolmagtigde diensknegte, mag daardie rentmeesterskap beide geestelik en stoflike sake insluit (L&V 29:34).