Ydel, Ydelheid Sien ook Hoogmoed; Wêreldsheid Valsheid of bedrog; hoogmoedig. Ydel of ydelheid kan ook leeg of sonder waarde beteken. Hy wat sy siel nie ophef tot nietigheid, hy sal seën wegdra van die Here, Ps. 24:3–4. Wanneer julle bid, moenie ydele herhalings gebruik nie, Matt. 6:7. Die groot en ruim gebou is ydele inbeeldinge en die hoogmoed van die kinders van mense, 1 Ne. 12:18. Sal julle aanhou om julle harte op die ydele dinge van die wêreld te rig, Alma 5:53. Soek nie na rykdom en die ydele dinge van hierdie wêreld nie, jy kan hulle nie saam met jou dra nie, Alma 39:14. Ydelheid en ongeloof het die Kerk onder veroordeling gebring, L&V 84:54–55. Wanneer ons probeer om ons hoogmoed, ons ydele ambisie te bevredig, dan trek die hemele terug, L&V 121:37.