Studiehulp
Pen


Pen

Een van die organisatoriese en administratiewe eenhede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. ’n Pen word saamgestel uit ’n aantal wyke en takke. Dit het gewoonlik geografiese grense en voldoen aan die beeld van ’n tent wat beskryf word in Jesaja 54:2: “Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.” Elke pen van Sion ondersteun en help om die Kerk te steun net soos ’n tent of tabernakel regop gehou word deur sy penne. ’n Pen is die bymekaarkomplek vir die oorblyfsels van verstrooide Israel (L&V 82:13–14; 101:17–21).