Studiehulp
Rut


Rut

In die Ou Testament, die Moabitiese skoondogter van Naómi en Eliméleg, wat Israeliete was. Na die dood van haar man, het Rut met Naómi se bloedverwant, Boas, getrou. Hulle seun Obed was die voorouer van Dawid en Christus. Die verhaal van Rut beskryf pragtig die bekering van ’n nie-Israeliet tot die kudde van Israel. Rut het haar vorige god en haar vorige lewe prysgegee om met die huisgenote van geloof te verenig om die God van Israel te dien (Rut 1:16).

Die boek van Rut

Hoofstuk 1 beskryf die lewe van Eliméleg en sy gesin in Moab. Na die dood van hulle mans het Naómi en Rut na Betlehem gegaan. Hoofstuk 2 verduidelik dat Rut op die lande van Boas are opgetel het. Hoofstuk 3 vertel hoedat Naómi vir Rut opgedra het om na die dorsvloer te gaan en by die voete van Boas te lê. Hoofstuk 4 is die verhaal van Rut se huwelik met Boas. Hulle het ’n seun gehad, Obed, deur wie se stamlyn Dawid en Christus gebore is.