Studiehulp
Markus


Markus

In die Nuwe Testament was Johannes Markus die seun van Maria wat in Jerusalem gewoon het (Hand. 12:12); hy was moontlik ook die neef van Bárnabas (Kol. 4:10). Hy het saam met Paulus en Bárnabas gegaan vanaf Jerusalem op hulle eerste sendingreis en het hulle by Perge agtergelaat (Hand. 12:25; 13:5, 13). Later het hy vir Barnábas vergesel na Ciprus (Hand. 15:37–39). Hy was saam met Paulus by Rome (Kol. 4:10; Filém. 1:24), en hy was saam met Petrus in Babilon (vermoedelik Rome) (1 Petr. 5:13). Ten slotte was hy saam met Timótheüs in Éfese (2 Tim. 4:11).

Die Evangelie van Markus

Die tweede boek in die Nuwe Testament. Markus se evangelie is vermoedelik onder Petrus se leiding geskryf. Sy doel is om die Here te beskryf as die Seun van God wat leef en optree onder die mense. Markus het met energie en nederigheid die indruk wat Jesus op omstanders gemaak het, beskryf. Volgens oorlewering het Markus Egipte besoek na Petrus se dood, die Kerk in Alexandrië georganiseer en ’n marteldood gesterf.

Vir ’n lys van gebeure in die Saligmaker se lewe beskryf in die Evangelie van Markus, sien Ooreenstemming van die Evangelies in die bylae.