Studiehulp
Miga


Miga

’n Ou Testamentiese profeet. Hy was ’n boorling van Moréset-Gat in die vlaktes van Juda, en het geprofeteer terwyl Hiskía koning was (Miga 1:1–2).

Die boek van Miga

Miga is die enigste boek in die Ou Testament wat Betlehem aandui as die plek waar die Messias gebore sou word (Miga 5:1). In dié boek het die Here met sy volk oorleg gepleeg en oor sy goedheid in die verlede aan hulle meegedeel; Hy het geregtigheid, liefde en ootmoed van hulle vereis (Miga 6:8).