Studiehulp
Jarom


Jarom

In die Boek van Mormon, ’n seun van Enos en ’n agterkleinkind van Lehi. Hy het die Nefitiese kronieke bygehou vir sestig jaar, 420–361 v.C. (Enos 1:25; Jarom 1:13). Hy was ’n getroue man wat verkies het om nie te veel te skryf in die geskiedkundige kroniek nie (Jarom 1:2).

Die boek van Jarom

Daar is net vyftien verse in hierdie boek in die Boek van Mormon. Jarom het opgeteken dat die Nefiete aangehou het om die wet van Moses te lewe en om uit te sien na die koms van Christus. Hulle is gelei deur konings wat magtige manne van geloof was. Hulle het vooruit gegaan toe hulle op hul profete, priesters en leraars ag geslaan het.