Studiehulp
Matthéüs


Matthéüs

’n Apostel van Jesus Christus en die skrywer van die eerste boek in die Nuwe Testament. Matthéüs, ’n Jood wat belastings ingesamel het vir die Romeine in Kapérnaüm, was waarskynlik in die diens van Herodes Ántipas. Voor sy bekering was hy bekend as Levi, seun van Alféüs (Mark. 2:14). Kort na sy roeping om Jesus se dissipel te word, het hy ’n fees gehou waarby Jesus teenwoordig was (Matt. 9:9–13; Mark. 2:14–17; Lk. 5:27–32). Matthéüs het waarskynlik ’n wye kennis gehad van die Ou Testamentiese skrifture en was in staat om die besonderhede van die profesieë in die lewe van Jesus in vervulling te sien gaan. Van dié Apostel se latere lewe is min bekend. Een oorlewering beweer dat hy ’n marteldood gesterf het.

Die Evangelie van Matthéüs

Die eerste boek in die Nuwe Testament. Matthéüs se evangelie is waarskynlik geskryf aanvanklik vir die gebruik van Jode in Palestina. Dit gebruik baie aanhalings uit die Ou Testament. Matthéüs se hoofdoel was om te bewys dat Jesus die Messias was waarvan die Ou Testamentiese profete gespreek het. Hy het ook benadruk dat Jesus die Koning en Regter van mense is.

Vir ’n lys van gebeure in die Saligmaker se lewe beskryf in die Evangelie van Matthéüs, sien Ooreenstemming van die Evangelies in die bylae.