Studiehulp
Eed en Verbond van die Priesterskap


Eed en Verbond van die Priesterskap

’n Eed is ’n geswore belofte om getrou te wees aan ’n mens se beloftes. ’n Verbond is ’n plegtige belofte tussen twee partye. Die Aäroniese Priesterskap word slegs deur ’n verbond ontvang. Melgisédekse Priesterskapdraers ontvang die priesterskap deur ’n ongesproke eed sowel as deur ’n verbond. Namate priesterskapdraers getrou is en hulle roepings verheerlik, soos God dit verlang, seën Hy hulle. Diegene wat getrou is tot die einde toe en alles doen wat Hy van hulle vra, sal alles ontvang wat die Vader het (L&V 84:33–39).