Studiehulp
Elías


Elías

Daar is verskillende gebruike van die naam of titel Elías in die skrifture:

Elía

Elías is die Griekse vorm van die Hebreeuse Elía. Die Afrikaanse Bybel onderskei nie tussen Elías en Elía nie (vergelyk Matt. 17:3–4, Lk. 4:25–26, en Jak. 5:17). Die bediening van Elía is opgeteken in 1 en 2 Konings.

Voorloper

Elías is ook ’n titel vir een wat ’n voorloper is, byvoorbeeld Johannes die Doper was ’n Elías omdat hy gestuur is om die weg te berei vir Jesus (Matt. 17:12–13).

Hersteller

Die titel Elías is ook op andere toegepas wat spesifieke sendings gehad het om te vervul, soos Johannes die Openbaarder (L&V 77:14) en Gabriël (Lk. 1:11–20; L&V 27:6–7; 110:12).

’n Man in Abraham se tydvak

’n Profeet genoem Esaias of Elías wat blykbaar geleef het in die dae van Abraham (L&V 84:11–13; 110:12).