Studiehulp
Inleiding


Die Gids tot die Skrifture

Die Gids tot die Skrifture definieer geselekteerde leerstellings, grondbeginsels, mense, en plekke wat voorkom in die Heilige Bybel, die Boek van Mormon, die Leer en Verbonde, en die Pêrel van Groot Waarde. Dit verskaf ook sleutelskriftuurverwysings vir u om te bestudeer ten opsigte van elke onderwerp. Hierdie Gids kan u help met u individuele en gesinstudie van die skrifture. Dit kan u help om vrae te beantwoord omtrent die evangelie, studie-onderwerpe in die skrifture, om praatjies en lesse voor te berei, en om u kennis en getuienis van die evangelie uit te brei.

Invoegsel

Beeld
sample

Aarde

Die planeet waarop ons leef, deur God geskape deur middel van Jesus Christus om gebruik te word deur die mens gedurende sy sterflike proeftyd. Die aarde se finale bestemming is om verheerlik en verhewe te word (L&V 77:1–2; 130:8–9). Die aarde sal ’n ewige erfenis word van diegene wat waardig geleef het vir ’n selestiale verheerliking (L&V 88:14–26). Hulle sal die teenwoordigheid geniet van die Vader en die Seun (L&V 76:62).

Geskape vir die mens

Paastyd

Verstrooiing van Israel

Onderwerpe is in vetgedrukte letters.

Onderwerpe sluit ’n kort definisie in.

Sommige onderwerpe het subinskrywings. Dit is kursief gedruk.

Verwante skriftuurverwysings word tussen hakies gegee.

Somtyds word die inligting oor ’n onderwerp nie ingesluit onder die onderwerp wat u nageslaan het nie. Die kursiewe woord Sien verwys u na die onderwerp waar die inligting gevind word.

Somtyds bevat ander onderwerpe in die gids inligting wat verband hou met die onderwerp wat u bestudeer. Die kursiewe woorde Sien ook verwys u na hierdie verwante onderwerpe.

Skriftuurverwysings wat u help om die definisie te verstaan, is tussen hakies.

Elke skriftuurverwysing word voorafgegaan deur ’n kort aanhaling van die skriftuur of opsomming van die skriftuur.

Die kursiewe woord Sien (of Sien ook) gevolg deur hierdie streep, verduidelik aan u dat die inligting gevind word onder ’n subinskrywing (“Die verstrooiing van Israel”) van ’n hoofonderwerp (“Israel”).