Studiehulp
Nefi, Seun van Lehi


Nefi, Seun van Lehi

In die Boek van Mormon, ’n regverdige seun van Lehi en Saria (1 Ne. 1:1–4; 2:5). Nefi het sterk geloof gehad in die woord van God (1 Ne. 3:7) en het ’n groot profeet, kroniekskrywer en leier van sy volk geword.

Die boek van 1 Nefi

Hoofstukke 1 tot 18:8 handel hoofsaaklik oor die profeet Lehi en sy gesin wat Jerusalem verlaat. Hulle het deur dorre woestyne gereis totdat hulle die see bereik het. 1 Nefi 18:9–23 vertel van hulle reis na ’n beloofde land, soos deur die Here gerig, ten spyte van Laman en Lemuel se rebelsheid. In hoofstukke 19–22 vertel Nefi met welke doel hy die kronieke bygehou het (1 Ne. 6; 19:18)—om almal te oortuig om die Here hulle Verlosser te onthou. Hy het Jesaja aangehaal (1 Ne. 20–21) en het Jesaja se boodskappe uitgelê met die hoop dat almal Jesus Christus mag leer ken as hulle Saligmaker en Verlosser (1 Ne. 22:12).

Die boek van 2 Nefi

Hoofstuk 1–4 bevat sommige van Lehi se finale leringe en profesieë voor sy dood, insluitende seëninge oor sy seuns en hulle afstammelinge. Hoofstuk 5 verduidelik waarom die Nefiete afgeskei het van die Lamaniete. Die Nefiete het ’n tempel gebou, het die wet van Moses geleer en het kronieke bygehou. Hoofstuk 6–10 bevat die woorde van Jakob, Nefi se jonger broer. Jakob het ’n oorsig gegee van die geskiedenis van Juda en het van die Messias geprofeteer. Sommige van sy woorde is ontleen aan die geskrifte van die profeet Jesaja. In hoofstuk 11–33 het Nefi sy getuienis van Christus opgeteken, asook Jakob se getuienis, profesieë van die laaste dae en verskeie hoofstukke van die Ou Testamentiese boek Jesaja.

Plate van Nefi