Studiehulp
Obadja


Obadja

’n Ou Testamentiese profeet wat die ondergang van Edom voorspel het. Hy het moontlik gedurende die heerskappy van Joram geprofeteer (848–844 v.C.) of gedurende die Babiloniese inval in 586 v.C.

Die boek Obadja

’n Boek in die Ou Testament. Dit het slegs een hoofstuk. Daarin het Obadja geskryf oor die ondergang van Edom en geprofeteer dat saligmakers op berg Sion sal staan.