Om nederig en onderwysbaar te maak, of die toestand om nederig en onderwysbaar te wees. Nederigheid sluit in om ons afhanklikheid van God te erken en te begeer om aan sy wil te onderwerp.
God het jou vir veertig jaar in die wildernis gelei tot jou verootmoediging, Deut. 8:2 .
Ek het my siel gekwel met vas, Ps. 35:13 .
Beter is ’n behoeftige maar wyse jongman as ’n ou maar dwase koning, Pred. 4:13 .
Die Here woon met hulle wat nederig is, Jes. 57:15 .
Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele, Matt. 18:4 .
Wie homself verneder, sal verhoog word, Matt. 23:12 (Lk. 14:11 ; 18:14 ).
Jesus het homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, Filip. 2:8 (Lk. 22:42 ; 23:46 ).
God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade, 1 Petr. 5:5–6 (2 Ne. 9:42 ).
Ootmoed is ’n vereiste vir die doop, L&V 20:37 .
Verneder julle voor My en julle sal My sien en weet dat Ek is, L&V 67:10 .
Wees jy nederig, en die Here jou God sal jou ’n antwoord gee op jou gebede, L&V 112:10 .
Laat hom wat onkundig is, wysheid leer deur hom te verootmoedig, L&V 136:32 .
Die Gees word in die wêreld uitgestuur om die nederiges te verlig, L&V 136:33 .