Studiehulp
Bybel


Bybel

’n Versameling van Hebreeuse en Christelike geskrifte wat goddelike openbarings bevat. Die woord bybel beteken “die boeke.” Die Bybel is die werk van baie profete en geïnspireerde skrywers wat opgetree het onder die invloed van die Heilige Gees (2 Petr. 1:21).

Die Christelike Bybel het twee afdelings, algemeen bekend as die Ou en Nuwe Testamente. Die Ou Testament bestaan uit die boeke van skrifture wat gebruik is deur die Jode van Palestina gedurende die Here se aardse bediening. Die Nuwe Testament bevat geskrifte wat behoort tot die Apostoliese tydperk en word beskou dat dit dieselfde heiligheid en gesag het as die Joodse skrifture. Die boeke van die Ou Testament is deel van ’n nasionale literatuur wat strek oor baie eeue en feitlik geheel en al in Hebreeus geskryf is, terwyl die boeke van die Nuwe Testament die werk is van ’n enkele geslag en is hoofsaaklik in Grieks geskryf.

In die Ou Testament verteenwoordig die woord testament ’n Hebreeuse woord wat “verbond” beteken. Die Ou Verbond is die wet wat aan Moses gegee is toe Israel die volheid van die evangelie verwerp het wat deur God aan sy volk gegee is vanaf die begin van sterflikheid. Die Nuwe Verbond is die evangelie soos geleer deur Jesus Christus.

In die Hebreeuse Bybel (die Ou Testament) is die boeke verdeel in drie groepe: die Wet, die Profete, en die Geskrifte. Die Bybel wat gebruik word deur die Christelike wêreld rangskik die boeke volgens die onderwerp, soos die historiese, digterlike, en profetiese boeke.

Die boeke van die Nuwe Testament is oor die algemeen in hierdie volgorde: die vier Evangelies en Handelinge; die sendbriewe van Paulus; die algemene sendbriewe van Jakobus, Petrus, Johannes, en Judas; en die Openbaring van Johannes.

Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae eerbiedig en respekteer die Bybel en bevestig ook dat die Here voortgaan om bykomende openbaring te gee deur sy profete in die laaste dae wat die Bybelse kroniek van God se handelinge met die mensdom ondersteun en staaf.