Tekens van Jesus Christus se Geboorte en Dood Sien ook Jesus Christus Gebeure wat met die geboorte en dood van Jesus Christus gepaard gegaan het. Geboorte Die maagd sal swanger word en ’n seun baar, Jes. 7:14. Betlehem, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees, Miga 5:1. Samuel die Lamaniet het geprofeteer van ’n dag, ’n nag en ’n dag van lig; ’n nuwe ster; en ander tekens, Hel. 14:2–6. Die tekens is vervul, 3 Ne. 1:15–21. Dood Samuel die Lamaniet het geprofeteer van duisternis, donder en weerlig en aardskuddings, Hel. 14:20–27. Die tekens is vervul, 3 Ne. 8:5–23.