Veroordeel, Veroordeling Sien ook Oordeel, Die Laaste; Regter, Oordeel Om geoordeel of skuldig bevind te word deur God. God sal ’n slinkse man veroordeel, Spr. 12:2. Ons word getugtig deur die Here, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie, 1 Kor. 11:32. Ons woorde, werke, en gedagtes sal ons veroordeel, Alma 12:14. Deur dinge te weet en hulle nie te doen nie, kom mense onder oordeel, Hel. 14:19. As ons sou ophou om te arbei, sal ons onder oordeel gebring word, Moro. 9:6. Hy wat sy broer nie vergewe nie, staan veroordeel voor die Here, L&V 64:9. Hy wat sondig teen die groter lig sal die groter veroordeling ontvang, L&V 82:3. Die hele Kerk is onder veroordeling totdat hulle bekeer en die Boek van Mormon onthou, L&V 84:54–57.