Studiehulp
Abraham


Abraham

’n Seun van Tera, gebore in Ur van die Chaldeërs (Gén. 11:26, 31; 17:5). ’n Profeet van die Here met wie die Here ewige verbonde gesluit het, waardeur al die nasies van die aarde geseën word. Abraham is oorspronklik Abram genoem.

Die boek van Abraham

Voortydse kronieke geskrywe deur Abraham wat in die besit van die Kerk gekom het in 1835. Die kronieke en sommige mummies is ontdek in Egiptiese katakombes deur Antonio Lebolo, wat hulle as erflating nagelaat het aan Michael Chandler. Chandler het hulle ten toon gestel in die Verenigde State in 1835. Sekere vriende van Joseph Smith het hulle gekoop van Chandler en het hulle aan die Profeet gegee, wat hulle vertaal het. Sommige van hierdie kronieke is opgeneem in Die Pêrel van Groot Waarde.

Hoofstuk 1 teken Abraham se ervarings aan in Ur van die Chaldeërs, waar goddelose priesters hom probeer offer het. Hoofstuk 2 vertel van sy reis na Kanaän. Die Here het aan hom verskyn en het verbonde gesluit met hom. Hoofstuk 3 teken aan dat Abraham die heelal gesien het en die verhoudings tussen hemelse liggame waargeneem het. Hoofstuk 4–5 is ’n ander verslag van die Skepping.

Die nageslag van Abraham

Mense wat, deur gehoorsamheid aan die wette en ordinansies van die evangelie van Jesus Christus, die beloftes en verbonde ontvang wat deur God met Abraham gesluit is. Mans en vroue mag hierdie seëninge ontvang as hulle letterlik van Abraham se geslag is of as hulle aangeneem is in sy familie deur die evangelie te aanvaar en gedoop te word (Gal. 3:26–29; 4:1–7; L&V 84:33–34; 103:17; 132:30–32; Abr. 2:9–11). Letterlike afstammelinge van Abraham mag hulle seëninge verloor deur ongehoorsaamheid (Rom. 4:13; 9:6–8).