Studiehulp
Amptelike Verklaring 1


Amptelike Verklaring 1

Dit kom voor in die laaste gedeelte van die Leer en Verbonde. Die eerste deel van die Amptelike Verklaring 1 is ook bekend as die Manifes. Dit is gegee deur President Wilford Woodruff en aan die lede van die Kerk voorgehou tydens ’n algemene konferensie op 6 Oktober 1890. Verskeie wette oor ’n tydperk van vyf en twintig jaar, beginnende in 1862, het meervoudige huwelike onwettig gemaak in die Verenigde State. Die Here het deur ’n visioen en ’n openbaring aan Wilford Woodruff getoon wat sou plaasvind indien die Heiliges nie die praktyk van meervoudige huwelike staak nie. Die Manifes het amptelik verklaar dat meervoudige huwelike nie langer voltrek sou word nie.