Studiehulp
Armagéddon


Armagéddon

Die naam Armagéddon word afgelei van die Hebreeus Har Megíddon, wat beteken “die berg van Megíddo”. Die dal van Megíddo is aan die westelike gedeelte van die vlakte van Esdraelon, tagtig kilometer noord van Jerusalem, en is die plek van verskeie belangrike veldslae in Ou Testamentiese tye. ’n Groot en finale konflik wat sal plaasvind na aan die tyd van die Tweede Koms van die Here word die slag van Armagéddon genoem omdat dit op dieselfde plek sal begin (Sien Eség. 39:11; Sag. 12–14, veral 12:11; Openb. 16:14–21).