Studiehulp
Íssaskar


Íssaskar

’n Seun van Jakob en Lea in die Ou Testament (Gén. 30:17–18; 35:23; 46:13). Sy afstammelinge het een van die twaalf stamme van Israel geword.

Die stam van Íssaskar

Jakob se seëning oor Íssaskar word gevind in Génesis 49:14–15. Nadat hulle hul in Kanaän gevestig het, het die stam sommige van die vrugbaarste land in Palestina ontvang, insluitende die vlakte van Esdraelon. Binne Íssaskar se grense was verskeie belangrike plekke in Joodse geskiedenis, byvoorbeeld Karmel, Megíddo, Dotan, Gilbóa, Jísreël, Tabor en Násaret (Jos. 19:17–23).