Studiehulp
Laster, Godslastering


Laster, Godslastering

Om minagtend of oneerbiediglik te praat van God of heilige dinge.

Jesus is verskeie kere deur die Jode van godslastering beskuldig omdat Hy aanspraak gemaak het op die reg om sondes te vergewe (Matt. 9:2–3; Lk. 5:20–21), omdat Hy Homself die Seun van God genoem het (Joh. 10:22–36; 19:7), en omdat Hy gesê het dat hulle Hom sou sien sit aan die regterhand van krag en op die wolke van die hemel kom (Matt. 26:64–65). Hierdie beskuldigings sou waar gewees het as Hy nie in der waarheid alles was wat Hy gesê het Hy was nie. Die aanklag wat teen Hom ingebring is deur die valse getuies by die verhoor voor die Raad (Sanhedrin) (Matt. 26:59–61) was van laster teen God se tempel. Lastering teen die Heilige Gees, wat beteken om Christus doelbewus te verloën nadat ’n volmaakte kennis van Hom ontvang is, is die onvergeeflike sonde (Matt. 12:31–32; Mark. 3:28–29; L&V 132:27).