Studiehulp
Asa


Asa

In die Ou Testament, die derde koning van Juda. Die skrifture meld dat sy “hart volkome was met die Here al sy dae” (1 Kon. 15:14). Gedurende sy heerskappy het hy die leër verhef tot ’n toestand van bekwaamheid, die Ethiopiese juk afgegooi, die valse afgode verwyder, en het die volk genooi om ’n verbond te sluit om Jehova te soek (1 Kon. 15–16; 2 Kron. 14–16). Toe hy egter ’n siekte opdoen aan sy voete, het hy nie die Here se hulp gesoek nie en het ontslaap (1 Kon. 15:23–24; 2 Kron. 16:12–13).