Studiehulp
Romeine, Sendbrief aan die


Romeine, Sendbrief aan die

In die Nuwe Testament, ’n brief wat Paulus aan die Heiliges in Rome geskryf het. Hy het ’n besoek aan Jerusalem oorweeg wat sekerlik gevaarlik sou wees. As hy met sy lewe sou ontkom, het hy gehoop om Rome daarna te besoek. Die brief was gedeeltelik bedoel om die Kerk aldaar voor te berei om hom te ontvang wanneer hy sou kom. Dit mag ook beskou word dat dit ’n verklaring bevat van sekere leerstellings waaroor daar ’n geskil was en wat Paulus nou as finaal vasgestel beskou het.

Hoofstuk 1 bevat Paulus se begroeting aan die Romeine. Hoofstuk 2–11 sluit verskeie verklarings in oor die leer van geloof, werke en genade. Hoofstuk 12–16 bevat praktiese leringe oor liefde, plig en heiligheid.