Weelde of oorvloed. Die Here raai die Heiliges aan om nie na wêreldse rykdom te streef nie, behalwe om goed te doen. Die Heiliges moet nie die soeke na wêreldse rykdom stel voor die soeke na die koninkryk van God nie, wat die rykdomme van die ewigheid inhou (Jakob 2:18–19 ).
As jou rykdom toeneem, sit daar die hart nie op nie, Ps. 62:11 .
Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, Spr. 11:4 .
Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val, Spr. 11:28 .
’n Naam is verkiesliker as groot rykdom, Spr. 22:1 .
Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan, Mark. 10:23 (Lk. 18:24–25 ).
Die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels, 1 Tim. 6:10 .
Wee die rykes wat die armes verag, en hulle harte is op hul skatte, 2 Ne. 9:30 .
Die regverdiges het nie hulle harte op rykdomme gerig nie, maar was vrygewig teenoor almal, Alma 1:30 .
Die volk het begin hoogmoedig word vanweë hulle uitnemende rykdom, Alma 4:6–8 .
Die volk was deur klasse onderskei, volgens hulle rykdomme, 3 Ne. 6:12 .
Rykdomme van die ewigheid
Hoe dikwels het Ek julle geroep deur die stem van die rykdomme van die ewige lewe, L&V 43:25 .
Die rykdomme van die ewigheid is myne om te gee, L&V 67:2 (L&V 78:18 ).