Studiehulp
Jakobus, Broer van die Here


Jakobus, Broer van die Here

In die Nuwe Testament, ’n broer van die Here (Gal. 1:19) en van Joses, Simon, Judas en ’n paar susters (Matt. 13:55–56; Mark. 6:3; Judas 1:1). Hy was ook bekend as Jakobus die Regverdige en het ’n belangrike posisie in die Kerk in Jerusalem beklee (Hand. 12:17; 15:13; 1 Kor. 15:7; Gal. 2:9–12). Hy het waarskynlik die sendbriewe van Jakobus geskryf.

Die sendbrief van Jakobus

’n Boek in die Nuwe Testament. Oorspronklik was dit ’n brief wat gerig was aan die twaalf stamme van Israel wat ver en naby verstrooi was en is waarskynlik van Jerusalem geskryf. Die sendbrief bevat sommige duidelik-gestelde items omtrent praktiese godsdiens, insluitende die belangrike advies in hoofstuk 1 dat as ’n persoon wysheid kortkom, hy God om hulp moes vra (Jak. 1:5–6; JS—G 1:9–20). Hoofstuk 2 handel oor geloof en werke. Hoofstuk 3–4 spreek van die noodsaaklikheid om die tong te beheer en vermaan die Heiliges om nie kwaad van mekaar te spreek nie. Hoofstuk 5 moedig die Heiliges aan om geduld te hê en om die ouderlinge in te roep vir ’n seëning as hulle siek is; hy leer ook van die seëninge om ander te help bekeer.