Studiehulp
Levítikus


Levítikus

’n Boek in die Ou Testament wat die priesterlike pligte van Israel uiteensit. Dit benadruk die heiligheid van God en die norme waarvolgens sy volk kon leef om heilig te word. Die doel van die boek is om die morele beginsels en godsdienstige waarhede van die wet van Moses te onderrig deur middel van rituele. Moses het die boek Levítikus geskryf.

Hoofstuk 1–7 verduidelik die ordinansies wat uit offerandes bestaan. Hoofstuk 8–10 beskryf die ritueel wat nagekom word tydens die wyding van priesters. Hoofstuk 11 verduidelik wat mag of nie geëet mag word nie en wat rein of onrein is. Hoofstuk 12 bespreek vroue ná kindergeboorte. Hoofstuk 13–15 is wette met betrekking tot seremoniële onreinheid. Hoofstuk 16 bevat die ritueel wat nagekom moet word op die Dag van Versoening. Hoofstuk 17–26 bevat ’n kode van wette wat handel oor godsdienstige en sosiale seremonies. Hoofstuk 27 verduidelik dat die Here vir Israel beveel het om hulle oeste, kuddes en troppe toe te wy aan die Here.