Studiehulp
Johannes, Seun van Sebedéüs


Johannes, Seun van Sebedéüs

Een van die Twaalf Apostels in die Nuwe Testament, ’n seun van Sebedéüs en ’n broer van Jakobus. In sy vroeëre lewe was hy ’n visserman (Mark. 1:17–20). Hy is waarskynlik die ongenoemde dissipel van Johannes die Doper wat genoem word in Johannes 1:40. Later het hy ’n roeping ontvang om ’n dissipel van Jesus Christus te wees (Matt. 4:21–22; Lk. 5:1–11). Hy het die evangelie van Johannes, drie sendbriewe en die boek van Openbaring geskryf. Hy was een van drie wat met die Here was by die opwekking van Jaïrus se dogter (Mark. 5:35–42), by die Berg van Transfigurasie (Matt. 17:1–9) en in Getsémané (Matt. 26:36–46). In sy eie geskrifte verwys hy na homself as die dissipel wat deur Jesus liefgehad is (Joh. 13:23; 21:20) en as die “ander dissipel” (Joh. 20:2–8). Jesus het ook vir hom en sy broer Boanérges genoem, “seuns van die donder” (Mark. 3:17). Daar is talle verwysings na hom in die verslae van die Kruisiging en Opstanding (Lk. 22:8; Joh. 18:15; 19:26–27; 20:2–8; 21:1–2). Johannes is later verban na Patmos waar hy die boek Openbaring geskryf het (Openb. 1:9).

Johannes word dikwels genoem in openbarings van die laaste dae (1 Ne. 14:18–27; 3 Ne. 28:6; Ether 4:16; L&V 7; 27:12; 61:14; 77; 88:141). Hierdie gedeeltes bevestig die Bybelse kroniek van Johannes en verskaf ook insig in sy grootheid en die belangrikheid van die werk wat die Here hom gegee het om op die aarde te doen in Nuwe Testamentiese tye en in die laaste dae. Die skrifture van die laaste dae verduidelik dat Johannes nie gesterf het nie, maar toegelaat is om op die aarde te vertoef as ’n dienende kneg tot die tyd van die Here se Tweede Koms (Joh. 21:20–23; 3 Ne. 28:6–7; L&V 7).

Die sendbriewe van Johannes

Alhoewel die skrywer van hierdie drie sendbriewe homself nie by die naam noem nie, kom die taal só sterk ooreen met dié van Johannes die Apostel dat daar aanvaar word dat hy aldrie geskryf het.

1 Johannes 1 vermaan die Heiliges om te streef na gemeenskap met God. Hoofstuk 2 benadruk dat die Heiliges God ken deur gehoorsaamheid, en onderrig hulle om nie die wêreld lief te hê nie. Hoofstuk 3 roep almal om die kinders van God te word en om mekaar lief te hê. Hoofstuk 4 verduidelik dat God liefde is en by hulle woon wat Hom liefhet. Hoofstuk 5 verduidelik dat Heiliges gebore is uit God deur geloof in Christus.

2 Johannes is soortgelyk aan 1 Johannes. Daarin is Johannes verheug vanweë die getrouheid van die kinders van “die uitverkore dame.”

3 Johannes prys ’n persoon genaamd Gajus vir sy getrouheid en hulp aan diegene wat die waarheid liefhet.

Die Evangelie van Johannes

In hierdie Nuwe Testamentiese boek het Johannes die Apostel getuig dat (1) Jesus die Christus of die Messias is en (2) Jesus die Seun van God is (Joh. 20:31). Die tonele van Jesus se lewe wat hy beskryf is versigtig gekies en gerangskik met hierdie doel voor oë. Die boek begin met ’n verklaring van Christus se status in die vooraardse bestaan. Hy was by God, Hy was God, en Hy is die Skepper van alle dinge. Hy is gebore in die vlees as die Eniggebore Seun van die Vader. Johannes teken die geskiedenis van Jesus se bedienings op, en benadruk grootliks sy goddelikheid en sy opstanding uit die dode. Hy bevestig duidelik dat Jesus die Seun van God is, gestaaf deur wonderwerke, deur getuies, deur die profete en deur Christus se eie stem. Johannes onderrig deur lig en duisternis, waarheid en foute (vergissing), goed en boos, God en die duiwel te kontrasteer. Moontlik word daar in geen ander kroniek die heiligheid van Jesus en die ongeloof van die Joodse heersers so duidelik aangedui nie.

Johannes het hoofsaaklik oor Christus se bediening in Judéa geskryf, veral die laaste week van sy aardse bediening in Galiléa, terwyl Matthéüs, Markus en Lukas hoofsaaklik oor sy bediening in Galiléa geskryf het. Verskeie aspekte van hierdie Evangelie is opgeklaar deur openbarings van die laaste dae (L&V 7 en L&V 88:138–141).

Vir ’n lys van gebeure in die Saligmaker se lewe beskryf in die Evangelie van Johannes, sien Ooreenstemming van die Evangelies in die bylae.

Die boek van Openbaring