Studiehulp
Egipte


Egipte

’n Land in die noordoostelike hoek van Afrika. Baie dele van Egipte is dor en woes. Die meeste van die inwoners woon in die Nylvallei wat ongeveer 890 kilometer strek.

Voortydse Egipte was ryk en voorspoedig. Groot ingenieursprojekte is gebou, insluitende kanale vir besproeiing; sterk stede vir verdediging; en koninklike monumente, veral piramiedgrafkelders en tempels, wat steeds onder die wonders van die wêreld tel. Vir ’n tydperk was die Egiptiese regering ’n nabootsing van die patriargale orde van die priesterskap (Abr. 1:21–27).