Soos gebruik in die skrifture, bestaan ’n gesin uit ’n man en ’n vrou, kinders en somtyds ander naasbestaandes wat in dieselfde huis woon onder een gesinshoof. ’n Gesin kan ook ’n enkelouer wees met kinders, ’n man en vrou sonder kinders, of selfs ’n enkel persoon wat alleen bly.
In jou sal al die geslagte van die aarde geseën word, Gén. 12:3 (Gén. 28:14 ; Abr. 2:11 ).
Ek sal die God vir al die geslagte van Israel wees, Jer. 31:1 .
Jou heerlikheid sal ’n voortsetting wees van die afstammelinge vir altyd, L&V 132:19 .
Ek sal hom krone gee van ewige lewens in die ewige wêrelde, L&V 132:55 .
Die verseëling van die kinders aan die ouers is deel van die groot werk van die volheid van die tye, L&V 138:48 .
Man en vrou het Ek hulle geskape, en het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder, Moses 2:27–28 .
Dit is nie goed dat die mens alleen is nie, Moses 3:18 .
Adam en Eva het saam gewerk, Moses 5:1 .
Ouers se verantwoordelikhede
Abraham sal sy kinders beveel, en hulle sal die weg van die Here hou, Gén. 18:17–19 .
Jy moet hierdie woorde by jou kinders inskerp, Deut. 6:7 (Deut. 11:19 ).
Hy wat sy seun liefhet, tugtig hom, Spr. 13:24 (Spr. 23:13 ).
Oefen die seun volgens die eis van sy weg, Spr. 22:6 .
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, Pred. 9:9 .
Al jou kinders sal deur die Here geleer wees, Jes. 54:13 (3 Ne. 22:13 ).
Maak hulle groot in die onderwysing van die Here, Efés. 6:1–4 (Enos 1:1 ).
As iemand vir sy eie mense nie sorg nie, het hy die geloof verloën, 1 Tim. 5:8 .
Hy het hulle vermaan met al die gevoel van ’n liefdevolle ouer, 1 Ne. 8:37 .
Ons spreek van Christus sodat ons kinders mag weet na watter bron hulle mag kyk, 2 Ne. 25:26 .
Hulle mans en hulle vrouens het hul kinders lief, Jakob 3:7 .
Leer hulle om mekaar lief te hê en om mekaar te dien, Mosia 4:14–15 .
Julle sal jul gesinne verdedig tot bloedvergieting, Alma 43:47 .
Bid in julle gesinne dat julle vrouens en julle kinders geseën mag wees, 3 Ne. 18:21 .
Ouers moet die evangelie leer aan hulle kinders, L&V 68:25 .
Elke man is verplig om vir sy eie gesin te sorg, L&V 75:28 .
Alle kinders het aanspraak op hulle ouers, L&V 83:4 .
Maak julle kinders groot in lig en in waarheid, L&V 93:40 .
Bring jou eie huis in orde, L&V 93:43–44, 50 .
Priesterskapdraers behoort ander te beïnvloed net deur ongeveinsde liefde, L&V 121:41 .
’n Kind se verantwoordelikhede
Eer jou vader en jou moeder, Ex. 20:12 .
My seun, luister na die tug van jou vader, Spr. 1:8 (Spr. 13:1 ; 23:22 ).
Jesus was onderdanig aan sy ouers, Lk. 2:51 .
Jesus het die wil van sy Vader gedoen, Joh. 6:38 (3 Ne. 27:13 ).
Gehoorsaam jou ouers in die Here, Efés. 6:1 (Kol. 3:20 ).
As die kinders bekeer, sal jou gramskap afgewend word, L&V 98:45–48 .
Eva se getroue dogters het die ware en lewende God aanbid, L&V 138:38–39 .
Die Leer en Verbonde sit die ewige aard van die huweliksverhouding en die gesin uiteen. Selestiale huwelik en ’n voortsetting van die gesinseenheid stel mans en vrouens in staat om gode te word (L&V 132:15–20 ).