Studiehulp
Gad, Seun van Jakob


Gad, Seun van Jakob

In die Ou Testament, ’n seun van Jakob en Silpa (Gén. 30:10–11). Sy afstammelinge het ’n stam van Israel geword.

Die stam van Gad

Vir Jakob se seëning oor sy seun Gad, sien Génesis 49:19. Vir Moses se seëning oor die stam van Gad, sien Deuteronómium 33:20–21. Volgens hierdie seëninge sou Gad se afstammelinge ’n oorlogsugtige ras wees. Die lande wat aan hulle toegewys is in die land Kanaän was oos van die Jordaanrivier en het goeie weiland gehad met volop water.