Studiehulp
Pasga


Pasga

Die Fees van die Pasga is ingestel om die kinders van Israel te help onthou dat die engel van verderf verby hulle huise gegaan het en hulle van die Egiptenare verlos het (Ex. 12:21–28; 13:14–15). Die onbevlekte lammers, wie se bloed as ’n teken gebruik is om vir Israel in die voortyd te red, is ’n simbool van Jesus Christus, die Lam van God, wie se offerande die hele mensdom gered het.