Die handeling om ’n mens se hande op ’n persoon se hoof te plaas as deel van ’n priesterskapordinansie. Baie priesterskapordinansies word uitgevoer deur die oplegging van hande, soos ordeneringe, seëninge, salwing van die siekes, om Kerklede te bevestig en om die Heilige Gees te skenk.
Jesus het sy hande op ’n paar siek mense gelê, en hulle genees, Mark. 6:5 (Morm. 9:24 ).
Die Apostels het hulle hande op die sewe wat hulle wou bystaan, gelê, Hand. 6:5–6 .
Die Heilige Gees is gegee deur die oplegging van hande, Hand. 8:14–17 .
Ananías het sy hande op Saul gelê en het sy sig herstel, Hand. 9:12, 17–18 .
Paulus het sy hande op hom gelê en hom genees, Hand. 28:8 .
Paulus het die leer van die doop en die oplegging van hande geleer, Hebr. 6:2 .
Alma het priesters en ouderlinge geordineer deur die oplegging van hande, Alma 6:1 .
Jesus het aan sy dissipels die mag gegee om die Heilige Gees te skenk deur die oplegging van hande, 3 Ne. 18:36–37 .
Julle sal die Heilige Gees aan diegene gee op wie julle jul hande sal lê, Moro. 2:2 .
Ouderlinge moet hulle hande op kinders lê vir ’n seëning, L&V 20:70 .
Hulle sal die Heilige Gees ontvang deur die oplegging van hande, L&V 35:6 (Gel. Art. 1:4 ).
Ouderlinge moet hulle hande op die siekes lê, L&V 42:44 (L&V 66:9 ).
Kinders moet die oplegging van hande ontvang na die doop, L&V 68:27 .
Die priesterskap word ontvang deur die oplegging van hande, L&V 84:6–16 .