Studiehulp
Noag, Bybelse Patriarg


Noag, Bybelse Patriarg

In die Ou Testament, die seun van Lameg en die tiende patriarg vanaf Adam (Gén. 5:29–32). Hy het van Christus getuig en het bekering verkondig aan ’n goddelose geslag. Toe die volk sy boodskap verwerp het, het God hom beveel om ’n ark te bou om sy gesin en al die diere te huisves toe die aarde oorstroom is om die bose te vernietig (Gén. 6:13–22; Moses 8:16–30). Die Profeet Joseph Smith het geleer dat Noag die engel Gabriël is en na Adam die sleutels van heil gehou het.