Studiehulp
Ester


Ester

’n Vrou met groot geloof en die hoofkarakter in die boek van Ester.

Die boek van Ester

’n Boek in die Ou Testament wat die verhaal bevat van Koningin Ester se groot moed om haar volk te red van vernietiging.

Hoofstuk 1–2 vertel hoe Ester, ’n Joodse vrou en die aangenome dogter van ’n Joodse man genaamd Mórdegai, gekies is as koningin van Persië vanweë haar skoonheid. Hoofstuk 3 verduidelik dat Haman, hoofman aan die hof van die koning, vir Mórdegai gehaat het en ’n dekreet verkry het om alle Jode te dood. Hoofstuk 4–10 vertel hoe Ester, ondanks groot persoonlike gevaar, haar eie nasionaliteit bekendgemaak het aan die koning en hoe die dekreet teruggetrek is.