Studiehulp
Ordineer, Ordinering


Ordineer, Ordinering

Om aan te stel of gesag of ’n amp te verleen. Om gesag te gebruik in die Here se Kerk, moet ’n persoon van God geroepe wees, deur openbaring, en deur die oplegging van hande deur diegene wat gesag het (Gel. Art. 1:5). Alhoewel ’n persoon gesag mag ontvang deur ordinening, gebruik hy dit onder die leiding van diegene wat die spesifieke sleutels van daardie gesag hou.