Skrifture
Moroni 3


Hoofstuk 3

Ouderlinge ordineer priesters en leraars deur die oplegging van hande. Ongeveer 401–421 n.C.

Die wyse waarop die dissipels, wat genoem is die ouderlinge van die kerk, priesters en leraars geordineer het

Nadat hulle tot die Vader gebid het in die Naam van Christus, het hulle hul hande op hulle gelê, en gesê:

In die Naam van Jesus Christus ordineer ek u om ’n priester te wees (of, as hy ’n leraar is, ordineer ek u om ’n leraar te wees) om bekering te preek en vergifnis van sondes deur Jesus Christus, deur die volharding in die geloof in sy Naam tot die einde. Amen.

En volgens hierdie wyse het hulle priesters en leraars geordineer, volgens die gawes en roepinge van God aan die mens; en hulle het hulle geordineer deur die krag van die Heilige Gees, wat in hulle was.