Studiehulp
Ouderling


Ouderling

Die woord ouderling word op verskillende maniere gebruik in die Bybel. In die Ou Testament verwys dit dikwels na die ouer mans in ’n stam wat gewoonlik met regeringsake toevertrou was (Gén. 50:7; Jos. 20:4; Rut 4:2; Matt. 15:2). Hulle ouderdom en ervaring het hulle raad waardevol gemaak. Hulle posisie was nie noodwendig ’n priesterskaproeping nie.

Daar was ook geordineerde ouderlinge in die Melgisédekse Priesterskap in Ou Testamentiese tye (Ex. 24:9–11). In die Nuwe Testament word ouderlinge genoem as ’n priesterskapamp in die Kerk (Jak. 5:14–15). Onder die Nefiete was daar ook geordineerde ouderlinge in die priesterskap (Alma 4:7, 16; Moro. 3:1). In hierdie tydvak was Joseph Smith en Oliver Cowdery die eerste ouderlinge om geordineer te word (L&V 20:2–3).

Ouderling is die titel wat nou gegee word aan alle draers van die Melgisédekse Priesterskap, byvoorbeeld manlike sendelinge word aangespreek as ouderlinge. ’n Apostel is ook ’n ouderling, en dit is betaamlik om van lede van die Kworum van die Twaalf of Kworums van die Sewentigs as sodanig te praat (L&V 20:38; 1 Petr. 5:1). Die plig vandag van geordineerde ouderlinge in die Kerk is gegee in openbarings van die laaste dae (L&V 20:38–45; 42:44; 46:2; 107:12).