Studiehulp
Nuwe Testament


Nuwe Testament

’n Versameling van geïnspireerde geskrifte (oorspronklik in Grieks) oor die lewe en bediening van Jesus Christus, die Apostels en ander volgelinge van Jesus Christus. Die Nuwe Testament word normaalweg in die Evangelies, Handelinge van die Apostels, Sendbriewe van Paulus, die algemene sendbriewe en die boek Openbaring verdeel.

Die vier Evangelies—die boek Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes—is verslae van die lewe van Christus. Die boek Handelinge vermeld die geskiedenis van die Kerk en die Apostels, veral Paulus se sendingreise ná Christus se dood. Paulus se briewe gee opdragte aan kerkleiers en lede. Die ander briewe is geskryf deur ander Apostels en gee bykomende raad aan die vroeë Heiliges. Die boek Openbaring, wat deur die Apostel Johannes geskryf is, bevat meestal profesieë aangaande die laaste dae.