Studiehulp
Galiléa


Galiléa

In die vroeëre dae en moderne tye, was dit die noordelikste distrik van Israel, wes van Jordaanrivier en die See van Galiléa. Galiléa is ongeveer sewe en negentig kilometer lank by agt en veertig kilometer breed. Vroeër het dit sommige van die beste land beslaan en die besigste dorpe in Israel bevat. Belangrike hoofweë na Damaskus, Egipte en oostelike Israel het deur Galiléa gelei. Die uitstekende klimaat en vrugbare grond het groot oeste van olywe, graan, gort en druiwe opgelewer. Visserye aan die See van Galiléa was ’n groot bron van uitvoerhandel en rykdom. Die Saligmaker het baie van sy tyd in Galiléa deurgebring.

Die See van Galiléa

Die See van Galiléa is geleë in noordelike Israel. Dit was ook die See van Kinnéret in die Ou Testament en die Meer van Gennésaret of Tibérias in die Nuwe Testament genoem. Jesus het verskeie preke daar gelewer (Matt. 13:2). Die see is peervormig, 20 kilometer lank en 12 kilometer breed op sy wydste. Dit is 207 meter benede seevlak geleë wat dikwels die omliggende lug redelik warm laat word. Koue lug wat afwaarts vloei vanaf die berge en die warm lug bokant die water ontmoet, veroorsaak dikwels skielike storms (Lk. 8:22–24).