Studiehulp
Sleutels van die Priesterskap


Sleutels van die Priesterskap

Sleutels is die reg tot presidensie, of die mag deur God aan die mens gegee om te rig, te beheer, en God se priesterskap op aarde te bestuur. Priesterskapdraers wat geroep word na posisies van presidensie, ontvang sleutels van diegene met gesag oor hulle. Priesterskapdraers gebruik slegs die priesterskap binne die perke wat bepaal is deur diegene wat die sleutels dra. Die President van die Kerk is die enigste persoon op aarde wat alle priesterskapsleutels dra en gemagtig is om hulle uit te oefen (L&V 107:65–67, 91–92; 132:7).