Studiehulp
President


President

’n Titel vir die presiderende amptenaar van ’n organisasie. Die President van die Kerk is ’n profeet, siener en openbaarder (L&V 21:1; 107:91–92) en lede van die Kerk moet die profeet van die Kerk met die titel van “President” aanspreek (L&V 107:65). Hy is die enigste persoon op aarde met die gesag om alle priesterskapsleutels uit te oefen.

Die hoofde van priesterskapkworums en ander Kerkorganisasies mag ook die titel van president hê.