Vrees kan twee betekenisse hê: (1) om God te vrees is om eerbied en ontsag vir Hom te voel en om sy gebooie te gehoorsaam; (2) om die mens te vrees, dodelike gevare, pyn en boosheid is om bang te wees vir sulke dinge en te sidder vanweë hulle.
Daar is geen vrees vir God in hierdie plek nie, Gén. 20:11 .
Jy moet die Here jou God vrees, Deut. 6:13 (Jos. 24:14 ; 1 Sam. 12:24 ).
Dien die Here met vrees, Ps. 2:11 .
Vrees vir die Here is die beginsel van die wysheid, Ps. 111:10 .
Vrees die Here en wyk af van die kwaad, Spr. 3:7 .
Dit sal goed gaan met die wat God vrees, Pred. 8:12 .
Werk julle eie heil uit met vrees en bewing, Filip. 2:12 .
Vrees God, en gee Hom heerlikheid, Openb. 14:7 (L&V 88:104 ).
Profete het die mense gedurig aangespoor om hulle in die vrese van die Here te hou, Enos 1:23 .
Alma en die seuns van Mosia het op die aarde neergeval, want die vrees van die Here het oor hulle gekom, Alma 36:7 .
Werk jou heil uit met vrees en bewing, Morm. 9:27 .
Hulle wat My nie vrees nie, sal Ek verontrus en laat bewe, L&V 10:56 .
Hy wat My vrees, sal vir die tekens van die koms van die Seun van Mens uitkyk, L&V 45:39 .
Moenie bang wees nie, want Ek is met jou, Gén. 26:24 (Jes. 41:10 ).
Die Here is met ons: vrees hulle nie, Núm. 14:9 .
Vrees nie; want die wat by ons is, is meer, 2 Kon. 6:16 .
Ek sal nie vrees wat vlees kan doen nie, Ps. 56:5 .
Wees nie bevrees vir die smaad van mense nie, Jes. 51:7 (2 Ne. 8:7 ).
God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, 2 Tim. 1:7 .
Die volmaakte liefde dryf die vrees buite, 1 Joh. 4:18 (Moro. 8:16 ).
Die seuns van Helaman het die dood nie gevrees nie, Alma 56:46–48 .
Die vrees vir die dood vul die boesems van die bose, Morm. 6:7 .
Vrees nie wat die mens kan doen nie, Moro. 8:16 .
Jy moes die mens nie meer as God gevrees het nie, L&V 3:7 (L&V 30:1, 11 ; 122:9 ).
Vrees nie om goed te doen nie, L&V 6:33 .
Wie ook al aan my Kerk behoort, hoef nie te vrees nie, L&V 10:55 .
As julle voorbereid is, sal julle nie vrees nie, L&V 38:30 .
Stroop julleself van vrees, L&V 67:10 .
Wees blymoedig en vrees nie, want Ek die Here is met julle, L&V 68:6 .
Vrees nie julle vyande nie, L&V 136:17 .