Judas Iskáriot Een van Jesus se Twaalf Apostels in die Nuwe Testament (Matt. 10:4; Mark. 14:10; Joh. 6:71; 12:4). Sy van het beteken “man van Kériot.” Hy was van die stam van Juda en was die enigste Apostel wat nie ’n Galileër was nie. Judas het die Here verraai. Het dertig stukke silwer ontvang om Christus uit te lewer aan een van die owerpriesters, Matt. 26:14–16 (Sag. 11:12–13). Het die Here met ’n kus verraai, Matt. 26:47–50 (Mark. 14:43–45; Lk. 22:47–48; Joh. 18:2–5). Het homself opgehang, Matt. 27:5. Satan het in Judas gevaar, Lk. 22:3 (Joh. 13:2, 26–30). Dawid het gespreek van Judas se verraad van Jesus, Hand. 1:16 (Ps. 41:10).