’n Persoon wat geregtig is om fisiese of geestelike gawes te erf. In die skrifture word die regverdiges belowe dat hulle erfgename sal word van alles wat God het.
Abraham het ’n erfgenaam geword van die wêreld deur die geregtigheid van geloof, Rom. 4:13 .
Ons is die kinders van God, en as ons kinders is, dan erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, Rom. 8:16–17 (L&V 84:38 ).
Jy is ’n kind, ’n erfgenaam van God deur Christus, Gal. 4:7 .
God het sy Seun as erfgenaam van alles aangestel, Hebr. 1:2 .
Diegene wat vooruitsien na ’n vergifnis van hulle sondes is erfgename van die koninkryk van God, Mosia 15:11 .
Die volk het kinders van Christus geword en erfgename van die koninkryk van God, 4 Ne. 1:17 .
Diegene wat gesterf het sonder ’n kennis van die evangelie mag erfgename word van die selestiale koninkryk, L&V 137:7–8 .
Die dode wat bekeer, is erfgename van verlossing, L&V 138:58–59 .